Gedagtes in stilte

En so raak die wêreld om jou stil,
jy word net agter gelaat met jou gedagtes.
Wat jou net kan verwoes!
Dit staan bekend as ń mengelmoeskardoes.
Gewone mense beraam dit as die lewe.

Die geluide wat snags deur die velde huil,
verwys na die donkerte waarin die mensdom skuil.
Verslaafdes wat deur die strate jaag,
en ń sagte stem wat fluister en sê bedaar.
Dis die stem waarna harte smag.

Die lewe is beeldskoonheid van self,
dit hang net af hoe diep jy in jou binneste in wil delf.
Sonskyn, maanskyn en rose
dit is vir die mense ń middel van narkose…

ń Glimlag elke dag,
dit word van mense verwag.
Die Moeilikste is om iets te gee wat jy nie voel.
Dit en als hang af wat jy agter jou glimlag bedoel.

Die lewe kan nie beskryf word
maar, jy kan dit uitleef.
Dit is soms n rou of ń harde kors
maar, voluit lewe is als behalwe tydmors.

Kaalvoetkind

-SL

Advertisements

Verlief en verlore in liefde

Die sprokies verhaal waarna almal smag,
dit word beskryf as die lag dag na dag.
Is jy verlief op die illusie wat jy skep?
Of op die gelukkigheid wat jou stem laat verhef ?

Jou eens alles, is skielik niks!
Want die illusie van die wêreld het jou vergif.
Min weet jy die liefde is steeds daar,
jy is net verlief op jou eie sprokies verhaal.

Liefde is net ń woord,
totdat jy die diepste betekenis in jou hart se gange vind.
Liefde en verlief is elkeen se droom,
maar mense misinterpreteer liefde as iets om te vind.

Verwagtinge en ń soektog is liefde se vyand,
want liefde en geluk was nog nooit verlore nie.
Aksies, menslikheid en woorde loop hand aan hand.
Mense wat strewe na ń siel met liefde byderhand.

Liefde se daaglikse geskrewe lirieke,
word te maklik geglo deur die publiek…
Te maklik geabsorbeer en herleef soos in die flieks
Maar liefde is n besonderse gevoel wat twee siele konnekteer
en hulle word een.
Liefde beskerm teen die vrese van seerkry,
maar dis net te maklik en kompleks om mekaar te verlei…

Kaalvoetkind

-SL

Huise van glas

Die vier mure wat die mensdom hulself in toe vou.
Versteekte pyn, verlore siele bewoon ons harte onrustig
Ñ Verlede waaraan gedeeltes van jouself aan vasklou
Geluk,vrede en ñ glimlag gedeeltelik vernietig.

Dokters en staatsamptenare of net die gewone mens,
ons almal het geheime in ons mou.
Ek vlug uit die openbaar, is dit almal se wens?
Net om te besef dis die verlede wat ons terug hou.

Diepte van woorde wat ons verslind.
Leë morele waardes en betekenlose aksies,
en tog soek ons satisfaksie.
Die mispersepsie van perfeksie het elkeen verblind…

Fragiel,breekbaar en deursigtig.
Alles behalwe versigtig,
en die leuens kan jou net soveel keer verblind.
Terwyl die waarheid jou verslind…

Tog kan ons deur mekaar sien, maar is dit waarna ons strewe?
N satiriese rolprent van die lewe
Beledigings word uitgedeel, met die uitkoms van seer.
Breek die glas, laat gaan jou las.

Kaalvoetkind

-SL

ń Voltooide legkaart

Twee legkaart stukke vir mekaar gemaak
Met die verskille tussen mekaar.
Dit vorm n meesterstuk
Onbepaald prikkel sy gedagtes en die leë spasies is eens weer vervul.

By , saam en in jou, het ek verlore en onbewuste stukke van die ware ek gevind
Ek kan vir eens in die leeftyd sê ,  jy word deur my bemin…

Soos elektrisiteit het sy my heelal opgewek
My paaie vorentoe het sy met liefde in oorvloed gevlek

Sy is die meesterstuk
Die reinste vorm van liefde
Sy het my mens wees oorbluf.

ń Oneindige liefdes verhaal,
net ek en sy vir ewig saam.

– Kaalvoetkind

SL